Events / Food / KAMERS 2015 / Suppliers

kykNET Koekedoor se Martjie Malan by KAMERS Herfs 2015

By KAMERS is daar altyd iets heerliks om aan te smul – veral as jy ‘n soettand het. Ons is baie opgewonde om kykNET Koekedoor deelnemer, Martjie Malan, by KAMERS Herfs 2015 in Johannesburg en Kaapstad te hê. Hier onder die akkerbome in Stellenbosch bak Martjie die mooiste lekkernye by haar pragtige winkel, M Patisserie. Sy bring dan ook ‘n pop-up patisserie na KAMERS, met Franse fyngebak, unieke koeke én geurige tertjies vir die wat eerder lus is vir iets souts.

kykNET Koekedoor Martjie Malan by KAMERS 2015 Joburg en Kaapstad kykNET Koekedoor Martjie Malan by KAMERS 2015 Joburg en Kaapstad

Koekedoor het met Martjie gesels sodat ons haar beter kan leer ken.

Waar woon jy?
Ek woon op Stellenbosch. 

Som jouself in drie woorde op
Empaties, ywerig en dinamies. 

Hoe oud was jy toe jy begin bak het en wie het jou leer bak?
Van die ouderdom van agt het ek begin bak. Die vryheid wat my ma vir my gegee het om op my eie in die kombuis te kon werskaf, maak van my die bakster wat ek vandag is. Sy het my gemotiveer en kookboeke aangedra om my aan te moedig om ál meer te bak. 

Wat is die beste raad oor bak wat jy al gekry het?
Die beste bakraad wat ek al gekry het, is om noukeurig te werk en regtig te fokus op dit wat jy doen. Dit gee vir jou ’n fyn aanvoeling vir bak, wat jy nodig het om iets telkens suksesvol te kan voorsit. 

Die Koekkedoor-beoordelaars laat weet hulle kom by jou tee drink. Watter gebak sal jy vir hulle voorsit?
’n Keurige verskeidenheid fyngebak, maar beslis pragtige petit fours en delikate komkommertoebroodjies.

Ons kan nie wag om al Martjie se lekkernye by KAMERS te proe nie!

Kyk die voorskou vir hierdie week se episode van Koekedoor en kyk ook ons KAMERS kykNET advertensie.

kykNET Koekedoor Martjie Malan by KAMERS 2015 Joburg en KaapstadkykNET Koekedoor Martjie Malan by KAMERS 2015 Joburg en KaapstadkykNET Koekedoor Martjie Malan by KAMERS 2015 Joburg en KaapstadkykNET Koekedoor Martjie Malan by KAMERS 2015 Joburg en Kaapstad

Foto’s: kykNET Koekedoor

Advertisements

3 thoughts on “kykNET Koekedoor se Martjie Malan by KAMERS Herfs 2015

  1. Goeie middag.

    Ek wil net graag weet of Martjie, van Koekedoor, ‘n bakdemonstasie gaan gee by die Kaapstad Kamers.

    Groete
    Natasha

  2. Pingback: KAMERS 2015 Cape Town Part 1 | KAMERS vol geskenke Blog

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s