Entrepreneurship / Inspiration

Irene Village Market vier 25 jaar

Baie geluk aan ons Gauteng span, Josene en Corlia, wat môre die 25ste verjaardag van hul Irene Village Market vier! Wat ‘n spesiale mylpaal en wat ‘n voorreg om saam met sulke innoverende, raakvat-vrouens te kan werk.

Sonder Josene en Corlia sou KAMERS Irene en Joburg nie naastenby die sukses wees wat dit vandag is nie.

Lees hul storie in die spesiale verjaardagartikel uit vandag se Beeld hier (kliek om te vergroot):

Irene Mark in Beeld - blog.kamersvol.com

Veral hierdie uittreksel is vir ons ‘n mooi opsomming van die hart van die mark en sy mense:

“ ’n Klomp mense deel almal ’n passie vir hierdie lewe. Om ’n mark te reël, is ‘living on the edge’. . . dis passie.”

Corlia, Josene se regterhand wat in haar gr. 9-jaar by die mark begin koeldrank verkoop het en later as Josene se persoonlike assistent begin werk het, meen haar mentor se dinamiese persoonlikheid is die hartklop van die mark.

“Die mark is suksesvol te danke aan Josene,” sê Corlia, wat ná haar studie heeltyds by die organisering van die mark betrokke geraak het. “Josene het van dag een af ’n baie persoonlike benadering tot die mark. Ek ken nie nog iemand wat so hands-on is met haar uitstallers nie. Ons weet as iemand se familielid doodgaan, of siek is en ken die produkte wat elkeen verkoop.”

Daar is uitstallers wat al sedert die mark se begindae getrou hul ware kom uitstal.

“Hulle is soos erelede,” spog Josene. “Daar is Marlene Biccard met haar regte ou pottebakkery en Tinie Pretorius, wat leergordels verkoop.”

Van haar kosbaarste herinneringe aan die mark wentel om die uitstallers en die “stories agter die stories” by die mark.

“Daar is baie van die uitstallers wat saam met die mark gegroei het. Soos een ou wat in st. 2 kerksblakertjies begin verkoop het en vandag ’n ingenieur is wat vir sy eie studies betaal het.”

’n Groep nuwe, jong entrepreneurs het die laaste paar jaar nuwe lewe in die mark geblaas, meen Josene.

“Hulle word gedryf deur hul produkte en het ’n passie vir wat hulle maak – daar is vreeslike mooi juwele en dekor vir huise.”

Irene Village Market

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s