Community Involvement / Events / Inspiration / KAMERS 2013 / Products

WEN! Breytenbach Sentrum se pragtige KAMERS sakke

Soos ons voorheen vertel het, het KAMERS in 2012 besluit om nie ‘n groot bedrag te spandeer op plastieksakke wat by die ingange uitgedeel word en besoekers dan later moet weggooi nie, maar om eerder daardie fondse op ‘n opbouende manier te spandeer. So het ons in 2012 tot Reach For Recovery se borskanker ondersteuningswerk bygedra terwyl ons vroue gevier het. Hierdie jaar ondersteun ons met trots die Women’s Hope Education and Training Trust (WHEAT Trust) met ‘n persentasie van kaartjieverkope en winste van 3 000 pragtige KAMERS inkopiesakke, wat Breytenbach Sentrum se naaldwerkprojek in Wellington vir ons maak.

Breytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du Preez

Breytenbach Sentrum is ’n multidissiplinêre kultuursentrum vir opleiding in, en omgang met beeldende kunste, musiek, drama en skryfkuns. Hier kan ‘n mens deel in gesprekke, idees, opleiding en werkswinkels; en kuns, musiek en drama beleef. Ons is opgewonde om deur die sakke projek ook hul kunste-opleidingsprojekte te ondersteun en nuwe werksgeleenthede vir vrouens in Wellington te skep.

“Een van die grootste uitdagings in die kunste-opleidingsprojekte wat ons doen, is om ‘n mark te skep vir die produkte en talente wat ons hier help skep en slyp,” vertel Theo Kemp, uitvoerende bestuurder by Breytenbach Sentrum. “Daar is min dinge so inspirerend as om betrokke te wees by die ontwikkeling van mense se talente en vaardighede, maar daar is ook min dinge so teleurstellend as daar niks verder gebeur nadat die individu sy/haar opleiding ontvang het nie. Ons is absoluut in vervoering en saam met die studente opgewonde oor die samewerking met KAMERS om die sakke te kan maak!”

Breytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du Preez

Die naaldwerkvroue, wat hierdie sakke maak as deel van hul opleidingskursus, werk baie hard om 3 000 sakke klaar te maak, maar hulle is oneindiglik toegewyd en gemotiveerd. Nie net vir die ekstra inkomste wat hulle nou kan verdien nie, maar ook dat hulle talente so ‘n groot platform gebied word. “Ons hoop dat mense ons handewerk sal raaksien en dat daar in die toekoms nog werk vir ons sentrum en ons deelnemers – wat almal voorheen werkloos was – hieruit sal vloei,” sê Theo.

Kry jou pragtige KAMERS inkopiesak by die KAMERS winkel tydens KAMERS Stellenbosch 5-10 November en Irene, Pretoria 3-8 Desember, of in die KAMERS Online Store en ondersteun so hierdie wonderlike gemeenskapsprojekte.

KAMERS shopping bags. Photo: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du Preez

WEN! / WIN!

Vier gelukkige lesers kan elk een van die vier mooi KAMERS sakke wen, ter waarde van R70 elk.
Four lucky readers could each win one of the four beautiful KAMERS bags, valued at R70 each.

Skryf so in / How to enter:

1. Vertel ons in die kommentaar blok hieronder wat jy graag in jou KAMERS inkopiesak wil sit by KAMERS 2013.
1. In the comments below, tell us what you would love to put in your KAMERS shopping bag at KAMERS 2013.

2. Deel die kompetisie met jou vriende op Facebook en Twitter. Ons kan jou nie dwing nie, maar dis ‘n lieflike ding om te doen! Sal jy nie bly wees as een van jou vriendinne wen nie?
2. Share this competition with your friends on Facebook and Twitter. We can’t make you, but sharing the love is a nice thing to do! Won’t you be happy if one of your best friends won?

Terme & Voorwaardes / Terms & Conditions:

1. Hierdie kompetisie is net oop vir Suid-Afrikaners.
1. This competition is only open to residents of South Africa.
2. Die kompetisie sluit 22 November 2013. Die wenners sal willekeurig gekies word en op 25 November 2013 per e-pos in kennis gestel word.
2. The competition closes on 22 November 2013. The winners will be chosen at random and notified via email on 25 November 2013.
3. Die pryse kan nie vir kontant verruil word nie.
3. The prizes cannot be exchanged for cash.
4. KAMERS sal die pryse aan die wenners pos.
4. KAMERS will post the prize to the winner.

Breytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du PreezBreytenbach Sentrum se naaldwerkdames maak KAMERS se mooi inkopiesakke. Foto: Charl du Preez

Photos: Charl du Preez

Advertisements

36 thoughts on “WEN! Breytenbach Sentrum se pragtige KAMERS sakke

  1. Alles wat mooi is, juwele, bad goedjies, breekware ~ kersgeskenke vir die hele gesin…..en een of twee vir myself ook (:

  2. I think this is such a brilliant initiative and the bags will always bring smiles or put a positive thought in the minds of the person holding them.. love the little messages and would be proud to have some at home. Thank you for sharing 🙂

  3. Love these bags…they’re definitely big enough to fit all kinds of gorgeous in them…lots of pretties for the home, jewellery and other accessories…and then they also have such beautiful quotes on them. Stunning!

  4. Love these bags! They’re definitely big enough to fit all kinds of gorgeous in them…lots of pretties for the home, some fashion accessories, handmade ceramics, and definitely some jewellery! And then they also have these beautiful quotes on them.. Stunning!

  5. Gift wrapping, clothing, hearts and cross craft, bunting, wine, and the cake! Cant wait for Kamers to return to Pretoria!

  6. I’d love to fill my bag with that ceramic bunny I’ve long had my eye on, a woolly lamb for my daughter, something owly – maybe a brooch, a one-of-a-kind ring, the possibilities are endless! But in truth, these bags are so pretty and their message and making so inspirational that I simply want to carry it every day with whatever I’m needing to carry about.

  7. Ek is mal oor hierdie sakke en die aanhalings daarop is pragtig! Ek trek biinekort in ‘n nuwe woonstel in en sal my sak vol maak met nuwe goedjies vir my kombuis (eks veral mal oor die keramiek breekware). Ek kan nie wag vir Kamers Irene nie!

  8. Mooi Foto Raam, Mooi Linte, Heerlike tuisgemaakte Lekkers, vars Brood, potjie lekker konfyt, ietsie sag en Mooi vir ‘n Dogtertjie, Ietsie mooi vir myself!

  9. Mooi sagte kussings en iets kunstig vir die huis, ook iets vroliks vir die kombuis saam met heerlike eetgoed om my gesin mee te bederf! Al die glimlaggende gesiggies op die fotos dui daarop dat hierdie sakke met liefde gemaak word. Ek sal dit met trots dra!

  10. Dit sal ‘n voorreg wees om geassosieer tte word met sakke wat gemaak is deur passie volle vroue! Ek sal verseker net die mooiste goed “voel goed” geskenkies daarin wiil sit en dit wil deel met my vriendinne wat ‘n bitter swaar jaar agter die blad het. Mag dit so bestem wees… Kamers vol liefde deernis en omgee!

  11. O, so baie!! Ietsie mooi en groen vir my tuintjie! Ietsie salwend vir die siel en gemoed! Ietsie sexy vir my lyf! Ietsie strelend vir my vel! Ietsie ‘stunning’ vir my huisie! En dan sommer nog ietsie spesiaal vir Mammie, my dogter, seun, kleinkind, suster en al di vriendinne wie almal so kosbaar is en elkeen op hul eie manier vir my iets in my lewe beteken! Maar onthou dit is net ‘n ietsie! Want soms ‘n ietsie baie meer werd as alles!!!!

  12. My kamers vol geskenke sak sal beslis gebruik word vir wanneer ek gou brood en melk moet gaan koop. Vir wanneer die boeke by die biblioteek omgeruil moet word. Enige moontlike kans om die pragtige sak te gebruik sal ek 100% benut.

  13. Ek was nog nooit by een van julle uitstallings nie en sal graag wil bywoon julle fotos maak dit beslis aantreklik. Die sakke is n wonderlike idee en dankie dat julle ook help werk skep in ons land. Bowen al is die boodskappies positief om ons omgewing te betrek en positief te saai vir enige ou wat dit leeS en mag dit so in elkeen se lewe wees. (Julle saai dUs positiewe saad vir elkeen wat lees en die boodskap syne maak)

  14. Wat ‘n wonderlike manier om pisitief te saai vir elke mens wat jou sak se boodskappie lees. Dankie vir werkskepping kamers dit is ‘n puik idee. Ek was nog nooit by een van julle uitstallings nie en die fotos en idees maak dit so aantreklik om dit by te woon. Ek sal die sak vol goedjies koop en vir my 2 dogtertjies gee!

  15. Dis baie mooi sakke en n wonderlike idee. Ek sal die sakke vol maak met sonskyn, liefde en hoop en dit gee vir iemand wat dit nodig het. Vir myself sal ek Genade insit en ietsie vir die siel. Die sak sal ek oral dra. Dankie vir die mense wat met hierdie idee opgekom het en ook so werk verskaf! Kan nie wag vir Kamers Irene.

  16. I hope to fill my bag with lovlies for my home, family and friends!! These bags are so sweet and inspirational – just like Kamers!!

  17. Ek is mal oor die ‘quotes’ op julle sakke en sal so gelukkig wees om al die lekker eetgoedjies wat te koop is by kamers daarin te pak vir ‘n lekker piekniek. Een of twee van die handgemaakte juwele sal verseker ook in die sak beland.

  18. I would fill this beautiful and inspiring bag with beautiful and inspiring things for my flat and gifts for the ones I love

  19. Pingback: Watch: Expresso Shopping Tips at KAMERS | KAMERS vol geskenke Blog

  20. Pingback: Press Release: KAMERS 2014 Expands to Johannesburg & Cape Town | KAMERS vol geskenke Blog

  21. Pingback: Press Release: KAMERS & CCDI Trading at the Castle for WDC2014 | KAMERS vol geskenke Blog

  22. Pingback: KAMERS at the Castle Media Lunch | KAMERS vol geskenke Blog

  23. Pingback: Press Release: KAMERS Summer 2014 | KAMERS vol geskenke Blog

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s