Design / Inspiration / Products / Suppliers / Videos

Supplier Story: CakeGoed gesels op KykNET Dagbreek

Marlene Koekemoer van CakeGoed het onlangs op KykNET Dagbreek gesels oor haar blommende besigheid en hul mooi, funksionele houtprodukte. CakeGoed het vinnig bekend geword vir hul nuttige houtbokse en maak nou ook fotorame, swartborde en plekmatjies – alles gedruk met hul eie ontwerpe.

CakeGoed-op-KykNET-Dagbreek-1

In hierdie video vertel sy waar die naam CakeGoed vandaan kom, hoe sy en haar man se vaardighede mekaar komplementeer en wat die uitdagings van die produkontwikkelingsproses is. Sy wys ook al hul unieke en praktiese produkte, gesels oor hoe trots sy daarop is dat sy werk kan skep in moeilike ekonomiese tye en droom oor CakeGoed oorsee.

Loer saam agter die skerms by die CakeGoed werkswinkel:

CakeGoed was so gewild by KAMERS 2012 Irene dat alles sommer voor die laaste dag uitverkoop het. Hierdie jaar is Marlene terug met meer voorraad as ooit by KAMERS 2013 in Bloemfontein 3-6 Oktober, Stellenbosch 5-10 November and Irene, Pretoria 3-8 Desember.

CakeGoed-op-Dagbreek-3 CakeGoed-op-Dagbreek-4

Vir meer KAMERS videos kyk hier.

Photos: Carolien & BenClaudia de Nobrega

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s