Community Involvement / Inspiration / Suppliers

KAMERS inspireer Bloemhof entrepreneurs

Ek het ‘n passie vir idees! By KAMERS probeer ons om mekaar soveel moontlik te ondersteun en te help om ons idees vlerke te gee. Ek is geïnspireer deur Faith Popcorn, wat skryf dat die een ding wat kinders moet leer is om eendag vir hulself te kan werk. Dit is wonderlik dat skole ook meer moeite doen om ontwikkeling van idees en entrepreneursvaardighede by kinders te stimuleer.

By Bloemhof Hoër Meisieskool hier op Stellenbosch, doen die Gr. 8 leerlinge elke jaar ‘n groot markdag projek. Dit neem ure se werk en beplanning vir die kinders en groot besigheidslesse word op ‘n klein skaal geleer. KAMERS het besluit om hierdie projek te ondersteun en ook vir die leerders te wys hoe ‘n klein besigheid in praktyk lyk. Vier KAMERS verskaffers het pryse gegee en inspirerende werkswinkels vir die pryswenners in die kategorieë Beste Groepwerk, Beste Produk, Beste Stilering en Beste Naam & Logo aangebied.

Dit was heerlik om by hierdie projek betrokke te wees, te sien hoe die meisies hul entrepreneursvaardighede ontdek en ontwikkel, en hoe hulle die pryse by ons verskaffers geniet. ‘n Groot dankie aan  Meraki, Flowers in the Foyer, Delicately Different en Sprout, wat die pryse geskenk het. Kom besoek hulle gerus by KAMERS 2013 Stellenbosch, 5-10 November by Webersburg.

xxx Amelia – KAMERS Stigter & Besigheid Ontwikkelaar

Meraki het heerlike koffie en red velvet cupcakes geborg.

Bloemhof-by-Meraki-2Bloemhof-by-Meraki-1

Amelia van Zyl (KAMERS) & Corlandi Conradie (Meraki) saam met Bloemhoffers Yvonne Venter, Nicola Steenkamp, Jeanne Van den Heever, Theresa Van Wyk & Luca Carinus.

Corisa Bredenkamp van Sprout het die kreatiefste werkswinkel aangebeid waar sy tafels gedek het met temas soos karnaval, Frankryk, Afrika en ‘n pienk partytjie.

Bloemhof-by-Sprout-1Bloemhof-by-Sprout-3Bloemhof-by-Sprout-2Bloemhof-by-Sprout-6Bloemhof-by-Sprout-8Bloemhof-by-Sprout-5Bloemhof-by-Sprout-7Bloemhof-by-Sprout-4

Corisa saam met Bloemhoffers Marijké Marais, Alana Lourens, Marli Louw, Michelle Cronje & Nanette Lamprecht.

Flowers in the Foyer het ‘n kreatiewe blommerangskikking werkswinkel aangebied.

Bloemhof-by-Flowers-in-the-Foyer-1Bloemhof-by-Flowers-in-the-Foyer-5Bloemhof-by-Flowers-in-the-Foyer-3Bloemhof-by-Flowers-in-the-Foyer-2

Amelia (KAMERS) & Hermien Coetzee (Flowers in the Foyer) saam met Bloemhoffers Inke Bruwer, Jana Gerryts, Ariane Krijt, Jean-Mari Marais & Gabby Smuts.

Delicately Different het heerlike soettand werkswinkel aangebeid met red velvet cupcakes, cake pops en pragtige koekies.

Bloemhof-by-Delicately-Different-3Bloemhof-by-Delicately-Different-4Bloemhof-by-Delicately-Different-2Bloemhof-by-Delicately-Different-5 Bloemhof-by-Delicately-Different-1Mari de Kock (Delicately Different) saam met Bloemhoffers Jana Lötz, Leigh Smit, Carla Nel, Philé Gilomee & Mieke Lutz.

Photos: Charl du Preez

Advertisements

3 thoughts on “KAMERS inspireer Bloemhof entrepreneurs

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s