Events / Suppliers / Videos

KAMERS Irene span op KykNET Dagbreek

Josene Groenewald en Corlia de Beer is ons fantastiese spannetjie in Irene, Pretoria en hulle is omtrént besig. Josene het die Irene  Village mark 24 jaar gelede begin en Corlia is al 10 jaar haar regterhand. KAMERS Irene het in 2010 in Josene se huis begin en hulle reël dit nou al vir die vierdie keer saam met ons.

Josene-en-Corlia-op-KykNET-Dagbreek

Josene en Corlia het hierdie week vroeg-vroeg op KykNET se Dagbreek gesels oor wat goed doen by markte en hoekom dit ‘n goeie idee is om jou produkte so bloot te stel en die publiek se reaksie te toets voor jy baie geld belê. Hulle gee goeie wenke vir entrepreneurs, soos om jou storie saam met die produk te vertel en jou passie daarvoor so aansteeklik te maak. Josene is opgewonde oor die wêreldklas gehalte van SA produkte. Sy verduidelik meer oor ons aansoek- en keuringsproses, wat vroeg 2014 weer afskop, en gee hier ook baie waardevolle wenke.

Kyk die video hieronder.

Ons kan nie wag om weer ‘n draai in Pretoria te maak vir KAMERS Irene 2013 nie. Sien julle 3-8 Desember by Open Window School vir die grootste pop-up koopervaring in SA!

xxx

Vir meer KAMERS videos kyk hier.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s