Community Involvement / Events / KAMERS 2013 / Suppliers

Aarbeistalletjie bring goeie hoop

KAMERS ondersteun graag Goeie Hoop Sielkundige Diens en ons is so bly ons nuwe blog gee ons die geleentheid om hierdie storie wat hulle na KAMERS 2012 Lourensford gestuur het te deel:

“Ons glo dat Suid-Afrikaners mense is wat graag vir almal in ons mooi land ‘n beter lewe wil gee. Dit is weer vir ons by KAMERS bevestig!  KAMERS het vanjaar vir ons, Goeie Hoop Sielkundige Diens, ‘n gratis geleentheid gegee om fondse in te samel deur ons vrolike Aarbei stalletjie. Die lekker aarbeie en veral die smaaklike smoothies stel ons nou in staat om vir 25 tot 30 mense elk vier sessies terapie aan te bied!

GoeieHoopAarbeie

“Die seëninge het net ingestroom vandat Ina-Marie van Local Works besluit het dat sy ‘n stalletjie by KAMERS vir ons sal organiseer. Sy het al die verantwoordelikheid geneem vir die ontwerp, die produkte en die opleiding van terapeute wat kan luister, maar nie noodwendig goed is met smoothies maak en verkoop nie! In and Out Events het vir ons die stalletjie verniet opgerig en dit was verseker ‘n stalletjie wat die oog gevang het.

GoeieHoopAarbeie3

“So ‘n baie groot dankie aan KAMERS, Ina-Marie en Phi van In and Out  Events. Kinders soos Emily (skuilnaam) gaan baat by hierdie omgee:  Sy is 14 jaar oud en het by haar ma in ‘n plakkerskamp gebly. Sy het al heelwat trauma, misbruik en verandering beleef. Dagga en ander dwelms word uit die huis waar haar ma en ‘n groep ander mense woon, verkoop en sy het begin om by die soort lewe betrokke te raak. Die onderwysers by die skool waar sy in graad 7 is, het haar en haar vriendin na die Goeie Hoop terapeut by die skool verwys. Intussen het Pam vir Emily, haar ma en ouma gesien. Sy woon nou by haar ouma, in ‘n beter buurt. Sy wou nie voorheen by haar ouma woon nie, want ouma skel baie en maak net slegte voorspellings oor Emily se lewe. Met Pam se hulp verstaan ouma beter dat die skel nie help nie en sy liewer moet aanmoedig en oplet wat Emily reg doen.

“Pam help ook die twee vriendinne om mekaar by te staan teen die versoekings en deur hul individuele trauma te werk. Ook om te verstaan hoe om verantwoordelikheid te neem en om nader aan hul drome vir die toekoms te kan beweeg.

GoeieHoop2

“Baie dankie aan almal wat uitgevra het oor ons werk, ons pamflet gelees het en ons stalletjie ondersteun het. Dankie veral aan KAMERS vir die geleentheid. Sodoende word lewens van kinders en volwassenes verander.”

Elzabe Broekmann
Oktober 2012

Goeie Hoop Sielkundige Diens sal weer ‘n gratis stalletjie by KAMERS 2013 Stellenbosch hê 5-10 November. Ondersteun hulle en maak ‘n verskil!

Foto’s: Claudia De Nobrega, Goeie Hoop Sielkundige Diens

Advertisements

4 thoughts on “Aarbeistalletjie bring goeie hoop

  1. Pingback: Press Release: KAMERS 2014 Expands to Johannesburg & Cape Town | KAMERS vol geskenke Blog

  2. Pingback: Press Release: KAMERS & CCDI Trading at the Castle for WDC2014 | KAMERS vol geskenke Blog

  3. Pingback: KAMERS vol Geskenke – Trading at the Castle | Green Girls in Africa

  4. Pingback: Press Release: KAMERS Summer 2014 | KAMERS vol geskenke Blog

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s